Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 30

Via dolorosa

Оглавление

Bruinman

hoekom kommer?

bruinman

hoekom kwaai word?

bruinman

hoekom bitter?

bruinman

bruinman

bruinman

hoekom kommer?

bruinman

hoekom kommer?

jy’t die kitaar

oor jou skouer

– die strop trek nouer en nouer –

maar jy’t die kitaar oor jou skouer,

bruinman

hoekom kommer?

bruinman

hoekom kommer?

die aarde is aan jou voete

– straf is swaar en so ook boete –

maar die aarde is aan jou voete,

jy’t die kitaar oor jou skouer,

bruinman

hoekom kommer?

bruinman

hoekom kommer?

die son glans teen jou voorhoof

– die lig word dof, die lig doof –

maar die son glans teen jou voorhoof

die aarde is aan jou voete,

jy’t die kitaar oor jou skouer,

bruinman

hoekom kommer?

Ko lat ons sing

Подняться наверх