Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 26

Groot Krismisgabet

Оглавление

Here

nou weer lowe ons Djou

Djy wat gakom het vi’ die redding van die wêreld

Djy wat gabore is soveel Krismisse galede

in die Betlehem

dja in die Betlehem Here

in die stal

by die donkie

by die koei

in die krip

op die grondvloer

op die sandvloer Here

in ’n plek wat gastink het

in ’n plek waar ’n mens naar gaword het van die badompagheit

ons ken sulke plekke Here

dja ons ken hulle

ons het duplicates van hulle allover

in die Windermere

in die Distrik Ses

in die Blouvlei hierso annerkant die Wynberg by die Ratreat

en daarom lowe ons Djou oek hierie Krismis Here

net Djý

net Djý wat die grootste experience van almal het

van hierie soorte plekke

net Djý kan ons help

net Djý kan vi’ ons

miskien nog hierie Krismis Here

’n nuwe Mosas lat gabore word hier

’n nuwe Mosas

’n nuwe Mosas

o Here, óns Mosas –

ons sal hom wegstiek Here, ons het baie wegstiekplekke

van die daggers wat nie van hom hou nie –

om ons te lei, die hele klomp van ons

te lei tot vlak voor die wingerde van die Kanaän

van die Kanaän Here

Here, óns Kanaän

*

Allow my om vi’ Djou te sing Here

om vi’ Djou te sing wat ek badoel

eers die snare van die banjo regmaak

reg só

Innie Ratreat se hotel oorkant die vlei

het ons ’n properse Egypt

want net soes die Jore yt die slawerny

moet iemand ons nog hieryt lei

moet iemand ons nog hieryt lei

moet iemand ons nog hieryt lei

want net soes die Jore yt die slawerny

moet iemand ons nog hieryt lei

*

O Here

doen dan tog hierie Krismis iets vi’ ons

moet ons nie nog ’n slag vagiet nie

daar’s al lankal manne onner ons wat sê

al wat Djy vi’ ons oor het

is die banjo en die kitaar Here

die banjo en die kitaar en die donker subways

die manne is verbitter Here

hulle harte word hard

hulle wil nie meer van Djou hoor nie

en as hulle sing dan sing hulle

Ons het lankal in plekke

soes Windermere

al ons verlangens

afgaleer

so Here Djy kan maar lyster

na ons lied

sonner worry, ons is lankal

verby vadriet

*

En dis nie net tien Djou wat hulle verbitter is nie Here

hulle’s verbitter ook tien die well-off mense

daar’s ’n anner song wat hulle sing

Y-town

bie-town

bie-town

sie-town

sie-town

die-town

hie’ kom ons

hie’ kom ons

hie’ kom ons aan

die Hiemelpad is nou

ma’ dis vi’ djou, nie vi’ my

ons pad se naam is Broadway

ons bly tien die hange

tien dieselfde hange

tien die Tafelberg se hange

nee die Hére se hange

dja die Hére se hange

net djulle moet djulle lyf

en ons moet ons verlange

dja net djulle moet djulle lyf

en ons moet ons verlange

so djulle pad is nou waar djulle Hys toe ry

ons pad se naam is Broadway

*

Ma’ Here dis mos nie goed vi’ ons

lat ons pad se naam Broadway is nie

ons moet daai naam veranner

ons moet dit change

ma’ hoe kan ons dit change

hoe kán ons

unless Djý ons help Here

Djý wat die Konankryk het

en die Krag

en die Heerlakheit

Ko lat ons sing

Подняться наверх