Читать книгу Die besoeker - Anchien Troskie - Страница 10

Оглавление

Die eerste party van die kwartaal was ’n moerse sukses! Soos gewoonlik! Sean weet hoe. Baie booze, baie E.

Lisa het gisteraand vir ons gesê dat sy weggaan. So, ons het ’n nuwe dealer. Nogal Emmie! Die vaal enetjie wat soos ’n koek aantrek. En sy kan ’n mens skaars in die oë kyk, hoe gaan sy deal? Sal maar moet sien.

Simon is terug, uitgewas en bleek. Ek is bly hy’s okay. Ek het daai aand nie gedink hy gaan dit maak nie. Ek wil asseblief nooit in so ’n plek beland nie. Ek weet dis ’n risiko, ek’s nie stupid nie! En ek gaan ophou. Eendag. Maar ek is jonk, wat kan nou verkeerd gaan?

En dis ’n feit: alles word die moeite werd wanneer ek high is. Dis wat drugs so awesome maak!

Die besoeker

Подняться наверх