Читать книгу Koors - Деон Мейер - Страница 28

24

Оглавление

Nero “Lucky” Dlamini

Kyk, ek was ’n dandy, a very snazzy dresser, make no mistake. Ek was die best-dressed psychologist in the greater Johannesburg metropolitan area. I know, I know, not a difficult achievement, but nonetheless …

Ek kan nie stry nie, my lifestyle was ’n reaction gewees, to the poverty of my youth.

My pa het net vier jaar by die skool gehad. Hy was ’n labourer, hy het gewerk by ’n auto electrician plek in Braamfontein, en hy het private auto electrical werk gedoen in ons agterjaart in Orlando East to keep the wolf from the door. My ma het gewerk by Baragwanath, die hospitaal, die Chris Hani-hospitaal. Sy het graad tien darem gehad, sy het administrative werk gedoen by die Paediatric Burn Unit, so baie aande dan kom sy by die huis, dan huil sy oor wat sy gesien het by daai hospitaal, die township-kinders wat so gebrand is. Injury by poverty, that is what she called it.

My pa het gedink Nero was a great Roman emperor, classic case of a little knowledge being a dangerous thing. So he insisted on christening me that. But he meant well, and he was a wonderful man, he never left my mother, so I have forgiven him long ago.

Anyway, I was a clever boy, I matriculated in 1999, ek het bursaries gekry, ek wou gaan psychology doen, because I wanted to make sense of the world, really, everybody was so … so angry. Ek is Wits toe. In 2006 toe het ek ’n practice begin in Sandton, I treated all these nouveau riche black businessmen, and after two years I thought, is this as good as it gets, is this going to be the difference I am going to make in my world? So I took a sabbatical for six months, I gave it a lot of thought, and I changed course …

Long story short, I have always been fascinated by how we absolutely need to be in a relationship. Ek meen, it consumes us, that need, that terrible need to be loved, to be with someone. The disease of the last decades BF was loneliness, lack of being loved. To be with someone, dis waaroor alles gaan, movies, books, TV, Facebook … Ek het al hierdie pasiënte gehad, rich people, Willem, very rich, highly successful. And so very unhappy. If you cut through all the crap, all they needed was love.

Toe specialise ek in couples therapy. Oh, the stories I could tell.

* * *

Ek hou baie van Nero. Ek noem hom “oom”, en hy sê: “Nee, asseblief, nooit nie. Jy sê vir my Nero.”

My pa hou van die eerste dag af baie van Nero. Omdat hy ’n “raconteur” is. (Toe ek die eerste keer vra wat dit beteken, sê Pa dit is ’n “baasverteller”, die woord kom uit die negentiende-eeuse Frans, raconte beteken “om te vertel”.) Maar ook omdat hy Pa se intellektuele skermvennoot word, omdat hy ’n goeie klankbord is, dikwels van Pa verskil, en later saam met Pa die oorweldigende geestelike aanslag van pastoor Nkosi probeer teenstaan.

In die raconteur-weergawe van sy besluit om na Amanzi te reis, sê hy dit was noodsaak, en die vreugde van die fiets:

Dis nie dat ek competitive fietsgery het nie. Ek was ’n weekend mountain bike warrior, dit was my fitness regime, my way of staying slim to fit in all those snazzy clothes, did I tell you I was a real dandy? I never liked jogging, it is such an inelegant pastime, so much sweating and jiggling … Anyway, my big hope was to one day do the holiday cycling routes in Europe. In die era BF. Before the Fever. En toe, first months AF, toe dink ek nie aan fietsry nie, dis net survival. Ek het in Sandton gebly, ek het in die oggend vroeg gaan scavenge vir groceries, want dan was dit die veiligste, all the dangerous people stayed up late. And it was so damn inelegant to run from the dangerous people … Ek het geweet ek sal moet trek, die resources raak min en die dangerous people meer, maar waar gaan jy heen? And how? Ek het nie geweet waar en hoe sal ek petrol kry nie. I’m not technically minded, despite what my dad did.

Toe kry ek julle pamphlet in die straat, Hennie Flaai se airmail pamphlet, en ek dink, maar kom ek vat ’n fiets. Of course there was a certain risk, maar ek het net gedink, who is going to rob a black man on a bicycle? Daar’s hierdie fietswinkel, the Cycle Lab Fourways Megastore, waar ek my Silverback Sola 4 gekoop het, my regular fiets. Ek het elke Saterdag BF daar gestaan en drool oor die Cannondale, so ’n love-hate relationship, you beautiful thing, maar hoe kan iemand honderd-en-vyftig-duisend rand betaal vir ’n fiets, in hierdie land, it’s vulgar.

Toe tel ek jou pamphlet op en ek like wat ek sien, en ek sê okay, ek gaan na dié plek toe. Toe loop ek Cycle Lab toe, here’s a fascinating statistic: After the apocalypse, nobody took a single thing from that shop. Nothing. Ek loop daar in en ek dink die Cannondale is seker al lankal ge-loot, but there it is, together with every other thing that was in that shop, energy bars, water bottles, you name it. Toe vat ek die Cannondale-fiets en ’n Garmin Edge 810 en die heel mooiste, beste, duurste biking apparel, en ek pak die rugsak en toe ry ek. Ek het niks geweet van die honde nie, ek het nie eens vier honde gesien nie, die hele drie weke, die hele seshonderd-nege-en-twintig kilometer, dis die presiese afstand van daai fietswinkel tot hier volgens die Garmin GPS, voor die ding se battery pap geword het. Toe ek hier gekom het, toe hoor ek van die honde. Toe skrik ek, take my word for it, toe skrik ek groot en ek dink, ek was baie, baie lucky. But I loved it, ek ry op daardie Cannondale op die N1 en ek is die enigste traffic en ek kan hoor as daar iets aankom, ek kan lank voor die tyd hoor en dan kruip ek weg langs die pad. Maybe it was unnecessary. Maybe those people who saw me were thinking, that black guy on the bike must be a loony, let’s not mess with him.

Hy kom op 2 Mei in die Jaar van die Hond by ons aan. Die werklike rede vir sy koms sal ons eers later uitvind. Want op 3 Mei kom die eerste van dié bitter winter se kouefronte – ’n seldsame sewe sentimeter sneeu in die herfs, op die rand van die Karoo. Binne ’n dag val die temperature tot ver onder vriespunt, pype bars, kinders bibber en baljaar met sneeuballe in die straat. Die hele gemeenskap moet ratte verwissel, moet aandag afstaan aan noodreparasies en die skep van hitte.

En op 5 Mei kom Die KTM. Vir die eerste keer.

Koors

Подняться наверх