Читать книгу In stede van die liefde - Etienne van Heerden - Страница 5

Proloog

Оглавление

Dis haar nessie van bene.

Die ruim pelvisbene wat soos die ore van ’n bakoorjakkals die snoet van die stuitjie omraam. Die bekken vorm ’n bak; ’n skulp. In die rondings van die heupe kan jy nog die gulheid van ’n vrou gewaar.

En dan, karig, in die skottel van die beenholte, die hopie krummelbeentjies van die ongebore fetus.

Fyn soos die beenskelet van ’n duif wat jy dood en windverweer aantref.

In stede van die liefde

Подняться наверх