Читать книгу BreinBliksem - Fanie Viljoen - Страница 5

Оглавление

Warning

Hierdie is nie ’n boek wat jou gaan laat beter voel oor jouself nie. Dit gaan nie vir jou vertel wat die meaning of life is nie. Dit gaan jou nie help om jouself “te vind” nie. As Mamma en Pappa nie daarvan hou dat jy Afrikaanse boeke lees met Engelse woorde tussenin nie, kan jy een van die volgende nou doen:

•Moer die boek weg.

•Gaan vra die boekwinkel waar jy dit gekoop het of jy dit kan omruil vir een van daardie maak-jou-lewe-sommer-self-pragtig-mooi-in-tien-maklike-stappe-boekies.

•As jy die boek by die boekwinkel gesteel het, moet jy dit maar stilletjies gaan terugsit en een van die maak-jou-lewe-sommer-self-pragtig-mooi-in-tien-maklike-stappe-boekies steel.

•Jy kan die blaaie uitskeur en dit gebruik om ’n ietsie te rook.

•Jy kan die boek stilletjies op die toilet lees waar Mamma en Pappa jou (hopelik) nie sal pla nie.

As jy nou nog met die boek in jou hande sit, wil jy seker verder lees. My bru, dan is jy in vir ’n ride, maar wees gewaarsku: Hierdie boek gaan jou brein bliksem en jou dalk meer fucked-up los as wat jy reeds is.

press play to begin

BreinBliksem

Подняться наверх