Читать книгу Omega, oor en uit - Francois Verster - Страница 5
Оглавление“Wat het eerste gekom, wat daarna? … Ek moet erken dat ek ’n probleem het met tyd: baie dinge wat begin het en geeïndig het, het nie presies by my geregistreer tot lank daarna nie. Hoe ouer ek word, hoe minder stabiel raak daardie kruk, chronologie.”
– Günther Grass, skrywer en beeldende kunstenaar
“Onthou is nie ’n historiese daad nie, maar ’n resultaat van die geheue, wat inherent korrup is.”
– Mary Karr, digter
“Miskien, ironies, is die gemene deler tussen Suid-Afrikaners en Duitsers … die gedeelde ervaring van afsonderlikheid, van ontheemding, vervreemd van sekerheid en samehorigheid.”
– Etienne van Heerden, skrywer en akademikus