Читать книгу Moord in die beloofde land - François Bloemhof - Страница 13

10

Оглавление

Ek hoor eerste haar stem. Ek is in die stad, in ’n Spur, en moet oor ’n ruk by die Naspersgebou wees; my werkdag begin wanneer die meeste mense s’n eindig en hulle óf pret kan hê óf rustig kan raak.

“Ek is moeg vir jou beloftes.”

Onmiskenbaar. Dis drie jaar sedert ek laas haar stem gehoor het, boonop in sulke rare omstandighede dat ek al byna gewonder het of dit ooit gebeur het, en tóé was dit agt jaar sedert ek van Wellington af weg is, maar dis sy.

’n Man se stem volg, hoog de bliksem in: “Maar dis dan al wat julle vroumense wil hê – beloftes!”

“Nee, wat ons wil hê, is dat julle jul beloftes moet nakom.”

Daar is net twee tafels tussen ons en sy sit met haar rug na my, sien ek toe ek omkyk, en absoluut, daar is die goue hare, langer as wat dit in die Cape Sun was. Hoe is dit dat ek haar en die ou nie sien inkom het nie? Of was hulle voor my hier en praat eers hard noudat hulle stry gekry het?

Dis ’n behoorlike stryery, want: “Fok jou,” sê die ou, ’n tipe waarvoor ek juis min tyd het met sy vel wat half verbrand lyk, kortgeskeerde ligte hare en ’n deegbol van ’n neus in die middel van sy gesig.

Sy skrik nie. “Is dít nou ’n manier om te praat? Die mense …”

Hy gee ’n snuif. “Fok die mense.”

“Fok jou dan ook. Dit gaan vir jou net dáároor.”

“En vir julle vroumense glád nie. Vir wat moet ’n man altyd soebat?”

“Soebat?” ontplof sy byna. “Wat weet jy van soebat af? Julle wil net vát!”

“Vat omdat ons nooit krý nie!”

“Dink jy regtig die Spur is die beste plek om hierdie gesprek te hê?”

“Jy’t mos nou klaar ’n ete uit my uit gekry.”

“Ek sal vir myself betaal.”

“Sal ’n fokken eerste wees.”

Teen hierdie tyd het ek opgestaan en hy sien my aankom, maar dink seker ek gaan verbystap en die frons op sy gesig is vir haar, nie vir my nie. Voor elk van hulle is ’n burger en tjips, maar dis net syne wat byna op is.

Ek gaan staan. “Iets fout hier?”

Sy kyk op. “Samuel!”

“Wie de fok is hy?” vra die ou.

As hy nie dít gevra het nie, het ek dalk nie so ver gegaan nie.

“Lyk my nie jy gaan eet nie,” sê ek vir haar met ’n knikkie.

“Nee, ek …” En ’n liggie gaan aan agter haar oë. Toe vat sy haar bord kos, kom half orent, leun oor en keer dit oor sy kop uit. Dit was akkommoderend van hom om juis ’n wit T-hemp te dra sodat die Spur se immer gewilde sous ’n dramatiese blerts daarop kan maak.

Die ou spring op, maar ek gryp hom voor die bors, versigtig om nie vol sous te raak nie. ’n Laaste paar tjippies reën van sy bolyf af in die paadjie. Sy gesig ondergaan ’n pigmentkrisis, eksoties rooi. Hy wil haar klap, maar sy goeie opvoeding keer hom seker. Dis duidelik dat hy dan maar vir mý wil slaan, maar iets in my oë, of dalk die stewige bou wat al die oefenry my besorg het, oortuig hom klaarblyklik dat dit nie ’n goeie idee is nie. Hy draai om en loop.

“Jy bly my redder.” Nou lyk sy min gepla met die mense; gelukkig is daar nie te veel van hulle nie.

“Hoe kry jy dit reg om in sulke situasies te beland?” Ek wil gaan sit, maar daar lê te veel kos rond.

“Hoe anders moet ek maak om jou te sien?” Sy lag. Sy’t nog mooier geraak. Dit lyk of sy iets oorweeg en tot ’n besluit kom. “Jy lyk gevaarlik.”

“Ek?” vra ek verbaas. Maar ja, seker: ek het dan pas haar eer beskerm, in so ’n tradisionele rol ingestap, dan moet ek my mos oppof. “Ek kan wees. Dit hang af of jy van gevaar hou.”

“O, báie. Om die waarheid te sê …”

Eers dink ek dat ek my dinge wysmaak, maar daar kan geen twyfel wees oor die kyk wat sy my gee nie en sy skuif uit die sitplek en neem my hand. Ek laat my weglei, al weet ek nie waarheen nie; dit lyk nie of sy die uitgang in gedagte het nie. Toe ek besef ons is op pad na die toilette toe, wil ek haar keer – maar as ek haar nou laat gaan, wag ek dalk jare vir nog ’n weersiens, of altyd. Buitendien voel ek soos ’n motor sonder remme op pad by ’n heuwel af.

Die enigste keuse is dus tussen die toilette vir mans en dié vir vroue. Ek stoot die deur met die vroutjie oop bloot omdat ek nog nooit in só een was nie. Die area lyk verkeerd so sonder urinale. Die deur swaai agter ons toe en ek wil na een van die hokkies gaan, maar sy keer en beduie hiér. Haar asem kom vinnig en soos twee lank geskeide helftes beweeg ons in mekaar se arms in.

“Ek is mal daaroor as ’n ou my in die nek soen,” lig sy my in en dit is wat ek doen. Ek ruik haar parfuum, ek próé dit, skerp-soet op my lippe. Dit gebeur so vinnig, op ’n manier het my lippe na haar mond toe beweeg, lippe wat oopgaan, tonge wat mekaar ontmoet en speel. Dit gebeur! Dit gebeur uiteindelik! Wie gee om dat dit in Spur-toilette is waar iemand enige tyd kan wil inkom? Ek glimlag, voel die mond onder myne vertrek soos sy ook glimlag. Ek kan nie genoeg hiervan kry nie, ons lywe so styf teen mekaar asof hulle vasgegom is – ek was nog nooit in my lewe so styf nie, nie een van die kere toe ek draadgetrek het met sulke situasies in my kop nie. Sy is nie net sy nie, sy’s alle meisies wat my so lank ontwyk het.

Ons syg af vloer toe asof die krag uit ons knieë is, al my energie is in my mik. Ek is op my rug, sy bo-op my met haar knie tussen my bene, sy moet die hardheid kan voel en ek kyk af en sien myself tent maak. Sy het fantastiese borste, ek wil dit sien, maar my regterhand skuif reeds onder haar romp in, tas oor die broekie en voel ’n klammigheid wat my nog verder opwerk, die heuweltjie tussen haar bene verrassend plomp.

Net nie nou al kom nie!

Gelukkig maak haar bra van voor af los. Toe daai borste vry kom, fokkit, ek het nog nooit iets so mooi gesien nie. Sy beur terug om haar romp los te maak, deur die wit broekie sien ek haar koek, duidelik afgeëts so nat is dit, net nie nou al kom nie, fokkit.

Wanneer het ek my broek afgetrek? Of het sy? Dis af tot by my knieë en ek wikkel my onderbroek ook af, my voël spring op.

Iemand by die deur, dit begin oopgaan, ek draai skuins en skop dit toe.

“Busy!” roep sy. Sy wil begin lag, ek ook.

Maar dis ernstig.

’n Meisie, dié meisie, se borste onder my hande. Tepels. Haar hand op my piel, óm hom, dit gebeur uiteindelik, na al die wag, eindelik, hier enkele maande voor my vyf-en-twintigste verjaardag bevry sy my. Dis duidelik dat sy al ervaring het, en heelwat, want dis sy wat die regte bewegings maak. Sy wat opstaan sodat ek tussen haar bene kan vat, die detail van ligte dons, die warm-vlesige gleuf, dan sug sy, gryp my aan die hare en trek my kop nader, plant my gesig dáár. Ek sweer ek gaan flou word van die reuk, muskusgeur so oorweldigend, ek sweer ek gaan nooit weer my gesig was nie. Ek kry die broekie aan die agterkant beet, trek en hoor dit skeur, pluk dit uit die pad sodat niks kan oorbly tussen my tong en dié deel van ’n vrou wat so lank vir my versteek gebly het nie. Die lippe is pienk en teer, ek lek en hulle maak oop soos ’n blom en daar kom ’n kreun, ’n snak na asem, maar dit klink ver weg. Daardie lippe het twee ander ontbloot, my tong verken hulle en ’n soutsmaak vul my mond, ek leun terug om te kyk wat ek gevind het, en daar is hy, die blinkende knopie. Ek was bang ek vind hom nie, herken hom nie. My tong vind hom weer en hy swel vir my, haar klit, haar sleutel, haar polsende hart. Dis alles hier vir my, meer werklik as enigiets waarop sketse in seksvoorligtingsboeke my kon voorberei, en net so min kon hulle my voorberei op my reaksie wat –

“Ek soek jou in my,” haar hande rof op my piel asof sy ’n motorbestuurder is wat met die rathefboom sukkel.

Ek rol haar op haar rug, is mal oor die harmonieuse kurwe van haar heupe, sien die wit teëls is darem skoon, trek terug en mik en druk vorentoe, plant myself in haar, volledig. Dan is dit hoe dit voel, dink ek, dít is hoe. Knus in haar hittige, sagte vlees. Net ’n paar stote, ek vind die ritme so outomaties, so glad, en dan is sy aan die bewe, ek hoef nie meer te wag nie. Sy sidder soos sy beheer verloor oor haar lyf, en ek ook, ek voel hoe die suiwerste genot deur my skiet, voel hoe ek getap word, maak leeg binne haar.

Ek rol van haar af, ons bly lê. Bokant ons flikker een van die elektriese buise.

“Moenie worry nie, ek is op die Pil,” sê sy toe sy eers weer asem het. Sy bars uit van die lag en ek ook.

Ons staan op. Trek ons klere reg en verlaat die badkamer so waardig moontlik. Dalk het niemand iets opgemerk nie.

Op ons onderskeie tafels lê ons onderskeie rekeninge.

Toe ons by die kasregister kom, kyk die man nie een van ons in die oë nie. Hy maak inderdaad ’n punt daarvan om weg te kyk, sy mond ’n dun lyn soos ’n sny in ’n perske. Eers toe hy die geld het, gluur hy ons aan.

“Please don’t come back.”

Behoort ek sleg te voel? Ek is nie meer op laerskool nie.

’n Ent van die Spur af sê sy: “Moenie weer wegraak nie.”

“Ek gaan nêrens heen nie. Behalwe nou dadelik, nou moet ek.” Ek kyk op my horlosie. “Ek moet by die werk kom, ek gaan klaar laat wees.”

“Waar werk jy?”

“Naspers.”

“Joernalis?”

“Ja.”

“Ek moes geweet het jy sal een word, jy was altyd lief vir woorde.” Sy aarsel. “Wanneer sien ons mekaar weer? Ons kan uiteet of iets.”

“Binnekort.” Ek onthou hoe sy in standerd vyf die een was om die inisiatief te neem.

“Net nie duur nie, hoor. Ek is ’n sjampanje-meisie met ’n bier-inkomste!”

“Ons moet telefoonnommers ruil.”

“Ek gee jou myne, dan bel jy my. Ek het iets waarop ek kan skryf.” Sy krap in haar handsak en haal ’n pakkie uit. Dit is Kim, sigarette vir vroue.

Vir ’n sekonde dink ek aan die hoërskoolhoof. Hy het longprobleme, nou kan hy net ’n sagte sigaret rook. Ek het gehoor hy koop Kim en haal die sigarette uit en sit hulle in ’n Peter Stuyvesant-boksie sodat mense moet dink hy rook nog altyd dít.

Ek sê my nommer en kyk hoe sy dit agterop die pakkie neerskryf met ’n pen wat sy ook uit daardie deurmekaar handsak opgediep het. Dan haal sy die laaste sigaret uit en steek dit aan.

Ek sê: “Net een ding – ’n meisie van my kan nie rook nie.”

Sy glimlag en blaas stadig, sensueel rook uit. “Maar ek is my eie meisie.”

Moord in die beloofde land

Подняться наверх