Читать книгу Atropos - Hendrik J. Botha - Страница 13

Verlies

Оглавление

Vandat jy weg is

dool ek op en af in dié kasteel

met sy spiraal van trap en gang.

Jou kamerdeur is toegetrek,

gordyne hang nors voor die venster,

skaars ’n veegsel sonlig

skuif soggens oor die bed.

Die lessenaar vol papiere

lyk of jy pas nog daar gewerk het.

Op die grasperk jaag die hond ’n hadida.

Laataand sit ek by my tafel,

praat met jou oor Skype,

vra uit, vertel iets onbenulligs oor my dag

en van die uil op die dak se nok

wat heelnag verwytend roep

oor jy vertrek het,

oënskynlik sonder om te groet.

Atropos

Подняться наверх