Читать книгу Atropos - Hendrik J. Botha - Страница 16
Afrekening
ОглавлениеNá jare betrap ek my steeds
dat ek jou lastige gewoontes
naboots. Sien ek jou oë,
dieselfde moeë lyne langs jou mond.
Neig ook om met die hande
te gesels, stap geboë,
roer soos ’n wilger in die wind.
Onttrek my aan geselskap,
leef al meer ingeskulp,
worstel snags in drome nou
om my aan jou te openbaar.