Читать книгу Atropos - Hendrik J. Botha - Страница 14

Teen die blou

Оглавление

Ure lank hou ek my duiwe dop:

die staalblou glans, die vermiljoen van oë en pote,

hoe hulle pronk rondom kos- en waterbak.

In sirkels kolk my duiwe

al hoër teen die blou, die blou.

Laatmiddag keer hulle terug,

mik-mik, vlieg dan een-een hok toe

vir die nag,

in neste of op houtsparre

koester hul mekaar.

Toe ek koshuis toe vertrek

moes hulle weg.

Drie kom later terug,

wag op die huis se dak.

Die ogiesdraad nou opgerol,

pale en houtsparre

eenkant op ’n hoop gepak.

Atropos

Подняться наверх