Читать книгу In die skadu van soveel bome - Hennie Nortjé - Страница 12

Оглавление

Peulmahonie

Peulmahonie

(Afzelia quanzensis)

Laat die kinders vir oulaas

om die stam rinkink,

die oues van dae

’n laaste agtermiddag

onder die geveerde blare slaap

en mag die aap,

voor hy verskrik wegvlug,

nog ’n paar peule laat val

sodat ons verlaas stringe

swart en rooi krale kan maak,

iets van ons samesyn

om hiervandaan saam te dra.

Want net anderkant die rant

blaas die reuse-roetkopslang

en ’n hoofman hoër as ons hoof

het juis gister kom sê:

elke rooi gesaagde plank

sal ons soos pitte in gelid

dwars voor sy stomende dier moet lê.

In die skadu van soveel bome

Подняться наверх