Читать книгу In die skadu van soveel bome - Hennie Nortjé - Страница 7
ОглавлениеKlipkershout in die blom
Klipkershout in die blom
(Maytenus oleoides)
Jy was eers bra vreemd op die oog.
Ek moes ’n oomblik boekevat,
weetgierig hier onder jou loof
blaai deur die bybel van Van Wyk,
’n blaar, ’n saad of ’n vrug soek
om met joune te vergelyk.
Maar om die boomsoort te eien
verg soms naderby kersopsteek,
om al soek-soek te bly boontoe kyk
tot skielik, daar in die sterblomme
se skyn, fyn bessies soos was
die naam rotsvas laat staan:
’n boom gewortel in klip.