Читать книгу In die skadu van soveel bome - Hennie Nortjé - Страница 16
ОглавлениеDoringbome
Doringbome
Ware akasias dra
troppe vlymskerp dorings:
party reguit uitdagend
soos ’n gemsbok se horings,
ander hakerig na agter,
gereed en gekrom
soos ’n buffel se gaffels
vir die ondier se sprong.
Ná nag vir nag
vars karkasse
hoog óp
in sulke takke sleep,
blyk die dikvellige kat
steeds ongedeerd.