Читать книгу In die skadu van soveel bome - Hennie Nortjé - Страница 5
ОглавлениеMite oor die fluweelsoetbessie
Mite oor die fluweelsoetbessie
(Bridelia mollis)
In Olifants se ruskamp, lank-lank terug
het hy ’n soetbessie se blaar gepluk,
dit jare knus in sy boomboek bewaar
en telkens weer geblaai daarna –
die sagte streel wou hy bly beleef.
Eers onlangs sou hy toe moes leer:
wie waag om hierdie boom te breek
se kalwers sal voortaan almal verse wees.