Читать книгу Samba - Jeanne Els - Страница 13

Оглавление

RENTE OP ROETES

As jy ’n vaardigheid nie aanleer nie, bly dit jou teenstander. Dit is ’n Ierse wysheid, sê my vriend Sean, die kroegmeester by die Brown Pub (die Iere spreek dit Braain uit) in Dublin. Sean voeg by: “We Irish might not speak properly. But when it comes to hard work and reaching a goal, boy oh boy, or shall I say girl oh girl, we do get down to business.”

Met ’n nuwe jaar en voornemens bly dit dikwels by net mooi dit, pleks dat ’n mens aan die gang spring en jou bedoelings ’n werklikheid maak.

Op my lysie is veral drie moete, en ek is realisties dat ek getrou sal moet werk om in twaalf maande ’n iets van elk onder die knie te kry. Maar ek is aangevuur, want hierdie ondervindings gaan poorte oopmaak na nuwe ontdekkingsroetes.

’n Kursus of twee in noodhulp is my voorland. Ek verwag my lewe lank nog as ek of iemand vir wie ek lief is in ’n noodgeval sou beland, moet die ambulansdiens of noodwerkers of enigiemand wat weet hoe, kom red. Maar dalk breek die oomblik aan dat ek die enigste een is wat daar is om te help … Binnekort sal ek so goed moontlik voorberei wees om my deel te doen.

Gebaretaal leer is nommer twee, want dan kan ’n mens met dowe meelopers op jou pad kuier. Die Amerikaanse doofblinde Helen Keller het gesê: “Blindheid sny ’n mens af van dinge, maar doofheid hou ’n mens weg van mense.” Ons kan mense in die lewe van gehoorgestremdes bring deur met hulle te praat in die taal wat hulle kan hoor.

En ek gaan nog ’n taal leer praat; trouens, het begin. Einde ten laaste ’n Afrika-een van die land wat ek liefhet: Xhosa, wat in my Kaap gepraat word. ’n Meisie met pienk wange het my geïnspireer. Daar sing sy in die Xhosa-skoolkoor, by ’n afskeidsfunksie van my matriekseun. Die enigste witte tussen die swart kinders. Blink-oog klik sy die klanke, golf sy haar lyf ritmies. ’n Kind van Afrika.

Samba

Подняться наверх