Читать книгу In God se teenwoordigheid - Johan Smit - Страница 91

26 Maart

Оглавление

Quo Vadis?

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. 2 Korintiërs 3:18

Inkeer en bekering – U-draai, omdraai, terugkeer, wegdraai, koersaanpassing – wat dit ook al in jou geval mag beteken, dit dui telkens op ’n koersverandering. Die vraag is nou: Waarheen? Quo Vadis? Wanneer ’n mens ’n gevestigde gewoonte prysgee of ’n vertroude roete verlaat, moet jy darem minstens weet waarheen die nuwe koers lei en moet jy deeglik daarvoor gemotiveerd wees.

In 2 Korintiërs 3:18 gee Paulus vir ons ’n aanduiding van waarheen ons as kinders van God onderweg is. Ons lewens moet sodanig wees dat die beeld van Christus ál meer in ons lewens aan die lig sal kom. Paulus praat hier na aanleiding van Moses wie se gesig geblink het nadat hy in God se teenwoordigheid verkeer het. Hy moes dit met ’n sluier bedek, so helder was die lig wat daarvan gestraal het. Hoe intenser ’n mens se gemeenskap met God is, hoe duideliker word dit in jou lewe sigbaar. Ons het die Gees van God in ons; die sluier is nie nodig nie, want die wêreld moet juis kan sien dat ons die heerlikheid van die Here uitstraal. En hierdie lig wat ons uitstraal, moet algaande, namate ons met Christus in verbondenheid lewe, toeneem.

Ons word ál meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Dit is ons doel. En die Heilige Gees motiveer ons daartoe. Al hoe meer Christusgelykvormig. Watter heerlike doelwit!

Liewe Here, help my om ál meer Christusgelykvormig te raak. Amen.

In God se teenwoordigheid

Подняться наверх