Читать книгу Elita en haar lewe met F.W. de Klerk - M Meiring - Страница 3
Erkenning
ОглавлениеOm in mense se persoonlike lewe te krap is ’n tameletjie. Vir Elita en FW de Klerk was ’n boek soos dié aanvanklik buite die kwessie, maar ná baie huiwering en lang oorweging het hulle wel ingestem om onderhoude toe te staan, ten spyte van ’n veeleisende program. En om selfs toegang tot hul dagboeke en fotoalbums te verleen. Hiervoor sal ek nooit genoeg dankie kan sê nie, en ook vir die feit dat hulle geen eise of voorwaardes gestel het nie. Ook, as joernalis, bedank ek hulle dat hulle aanvaar het dat hulle verhouding hom gedeeltelik in die publieke domein afgespeel het en daarom ’n element van nuuswaardigheid het.
Talle gesprekke en onderhoude het plaasgevind met vriende en familielede. Hiervoor bedank ek vir Nadia Lanaras, Maria Geurtsos, Jonathan Hudson, Ada Papadopoulos, George Lanaras, Niki Sergaki, Marianne Louw, Una Ramsay, Jeanette Curitz, Theresa Papenfus, wyle Koos Rupert, Dave Steward, George en Tharina Joubert, Nico en Ruda Retief, Nontas Andries, Fana en Wilma Malherbe, Sakkie en Hettie de Klerk, en veral vir Brenda Steyn, wat nooit moeite ontsien het om inligting te help versamel nie.
My spesiale dank ook aan Marinus Wiechers, wat van Marike de Klerk se laaste briewe aan hom beskikbaar gestel het. Ons glo al twee, uit ons persoonlike kennis van Marike, dat hierdie laaste briewe ’n ietsie van haar humor en moed weerspieël.
Ten slotte bedank ek graag my geduldige uitgewer Erika Oosthuysen, teksredakteur Suzette Kotzé-Myburgh, proefleser Estelle Crowson en ontwerper Nazli Jacobs.
Martie Retief Meiring
Januarie 2008