Читать книгу In landsbelang - Quintus van der Merwe - Страница 9

5

Оглавление

DISAPPEARANCE OF CHIEF WEAPONS NEGOTIATOR LINKED TO ALLEGED PHOTOS OF PRESIDENT

(Ivor Hubert)

We can report this week that the disappearance of Mr Abdool Pillay can possibly be linked to allegations by an unknown source that the President of South Africa, Mr Jackson Dube, is directly involved with the arms purchase scandal.

It has been established that a letter was forwarded to a senior politician of the governing party in which an unknown source threatened to publish photos of the president in a compromising position with a French prostitute. These photos were allegedly taken during a visit to France in September 2008, when Mr Dube was still Deputy President. He was at the time accompanied by Mr Abdool Pillay, head of weapons procurement, who is at present being investigated by the national prosecuting authority for possible bribes and kickbacks in the purchase of weapons from Thint, the French arms manufacturer.

It has not been established by whom the photos were taken and how they are related to the arms deal, but the Office of the President has in the past repeatedly denied that Mr Dube was in Paris at the time, or that he was in any way involved with the arms procurement.

If these photos do exist and can be linked to a specific date, it could result in a major embarrassment for the President and the government.

Mr Pillay was last seen a week ago when he told his wife that he was flying to Cape Town for a meeting. He has not been seen since. A spokesperson for the company that employs him has denied any rumours that Mr Pillay may have fled the country. In the meantime no one has been able to confirm whether the alleged photos exist or how the information was leaked to the media.

*

“As die Mail & Guardian se feite reg is, is Dube in sy moer,” sê Johan. “Ek weet die man hou van vrouens, maar om nou so dom te wees om met ’n hoer afgeneem te word? En wie het die foto’s geneem? Die president was seker vreeslik gesuip.”

Janet kyk hom ongemaklik aan. “Ek vrees ook dat hier moeilikheid kom. Of die foto’s bestaan of nie, die media gaan dié ding ondersoek totdat hulle agter die kap van die byl kom.” Sy vryf haar donker kuif met twee hande na agter.

“Janet, as hulle kan bewys die foto of foto’s is in September hier in Parys geneem, dan is die president, met alle respek, diep in die kak. Ek weet die vorige ambassadeur is onlangs oorlede, maar daar sal mos rekords van die besoek wees.” Johan kyk goed hoe sy kollega reageer. “Het jy toegang tot sulke rekords?”

Janet kyk na haar rekenaarskerm terwyl Johan praat. Die weerkaatsing van die rekenaarlig gooi ’n doodse, blou lig oor haar gesig. Johan besef weer eens dat hy nie veel uit sy kollega gaan kry nie. Hy maak aanstaltes om te loop, maar gaan staan voor hy die deur oopmaak.

“Het julle toe enige afluisterapparaat of mikrofoontjies in my woonstel gevind?”

Sy bly na die skerm kyk asof die antwoord daar lê. Hoe gaan hy toegang tot haar rekenaar kry? Dit is asof sy aan haar stoel vasgegom is.

“Jammer, Johan. Ons werk deur ’n Franse maatskappy en hulle kan dit eers Dinsdag doen. Ek sal jou spaarsleutels hou tot dan.”

“Dis seker okay. Ek sal maar my woorde tel wanneer ek met myself praat. Maar hier kom kak, Janet. Dis wat gaan spat as enige foto’s eers in die media se hande is. En jy weet net so goed soos ek dat ons voorgangers bewus sou gewees het van so ’n besoek.”

Janet kyk vinnig op en dan weer stip na die rekenaar. Johan stap terug na sy kantoor. Hy moet gaan uitvind waarmee die ambassadeur haar besig hou.

*

Johan is daarvan oortuig dat hy Stockholm veel meer sou geniet as hy dit nie as spook moes besoek nie. Met die Suid-Afrikaanse Hoofde van Missies se vergadering in Swede is hy getaak om sy ambassadeur noukeurig dop te hou. Te midde van die opbouende spanning rondom die wapenaankope en potensiële fotoskandaal en die druk wat dit op ambassadeur Cloete plaas, is dit te verstane dat sy dopgehou moet word. Hy het ook uit ’n telefoongesprek tussen die minister en Nerine gehoor dat die minister haar in Stockholm wil sien.

Die feit dat sommige van die Suid-Afrikaanse missiehoofde hom kan herken, beteken dat hy regtig ’n baie lae profiel moet handhaaf. Hy sou eerder sy tyd wou gebruik om Swede se vroue beter te leer ken as om met ’n vermomming in die ondergrondse treine rond te foeter.

Johan is beïndruk deur die Sweedse openbare vervoer. Die treine en busse loop seepglad en op tyd. Hy het tyd om die stad bietjie te verken terwyl die klomp ambassadeurs en konsul-generaals vergadering hou. Dis een tyd wanneer hulle nie met onderduimse dinge besig kan wees nie. Hy kan hom goed voorstel hoe die spul probeer indruk maak op die minister en gatkruip by die direkteur-generaal. Hy voel gefrustreerd dat Janet so sloer en eers kastige toestemming van hoofkantoor moet kry voordat daar in die rekords vir bewyse gesoek kan word. Hy wou dit so gou moontlik afhandel, en nou moes hy eers Swede toe agter die ambassadeur aan.

Die vergadering is net ’n vermorsing van belastingbetalers se geld. Almal saamgetrek in die First Hotel Royal Star, een van die duurste hotelle in die stad, en dit om oor dinge te praat wat net so maklik elektronies gedoen kon word.

Hyself bly sowat twee kilometer verder in die Oden-hotel op die Odenplein. Dit is ’n gerieflike stapafstand na die stad en boonop is daar ’n metrostasie reg voor sy hotel. Baie naby aan waar Olaf Palme, die Sweedse premier, vermoor is. Blykbaar deur Suid-Afrikaanse agente.

Terwyl Johan stad toe stap, verkyk hy hom aan die Swede. Dit is nog verbasend warm vir September en blyk ’n laat herfs te wees. Die straat is besig met mense wat inkopies doen en talle jongmense wat sorgeloos gesels of musiek luister met hul oorfone.

Voor hom stap ’n vrou met oneindige lang bene in ’n stywe jean. Sy het hoëhakskoene aan en ’n nousluitende trui wat haar kurwes beklemtoon. Onwillekeurig stap hy dieselfde spoed en kan sy oë nie van haar boude af hou nie. Een vir jou, een vir my, een vir jou, een vir …

Sy selfoon vibreer teen sy been. Hy stap by ’n koffiewinkel in sodat hy die boodskap kan lees.

Johan, ek weet jy is in Stockholm. Kan ons asseblief vanaand iewers ontmoet? Nerine.

Goeie fok! So much vir sy vermomming en al die moeite om die toeristiese dele in die stad te vermy. Hoe weet die ambassadeur hy is hier? Hy gaan sit by ’n tafeltjie om tot verhaal te kom. Hy ruik vars koffie en gebak en wink vir ’n kelnerin. Nadat hy nog ’n ruk sit en wonder het oor hoe die ambassadeur weet hy is in Stockholm, tik hy ’n boodskap terug.

Dag Nerine. Ek stel voor dat ons om agtuur by die Bistro Ruby in die ou stad, die Gamla Stan, ontmoet. Ek het toevallig die restaurantjie gesien en ons sal ongesiens daar kan gesels. Jy het seker nie gedink om by die ambassade in Fleminggatan te ontmoet nie?

Miskien het sy nuwe inligting oor die vermiste Pillay. Miskien het die bliksem intussen in Parys opgedaag terwyl hulle nie daar is nie. Johan glimlag vriendelik vir die kelnerin wat vir hom koffie bring. Weet die mense hoe mooi hulle is?

Na hy aan ’n vars cinnamon bun weggelê en twee koppies koffie gedrink het, besluit Johan om eers terug te gaan hotel toe. Hy wil stort en homself bietjie meer skaflik aantrek voor hy die ambassadeur ontmoet. Hy stap die bult terug hotel toe met ’n wip in die stap. Terwyl hy die ontspanne atmosfeer in die stad en die opvallende welvarendheid van sy inwoners waarneem, wonder hy hoekom hy so opgewek voel.

By die hotel is daar geen boodskappe by ontvangs nie en hy gaan reguit kamer toe.

Deur sy kamervenster merk Johan die laaste sonstrale bo die daktoppe. In die meeste vensters oorkant die straat is daar afgesien van normale beligting ook lampies op die vensterbanke. Dit is nou eers herfs, maar die Swede probeer die winter besweer met so veel lig as moontlik. Hy skakel die televisie aan. Dit lyk vir hom soos ’n Sweedse weergawe van Idols wat uitgesaai word en hy laat dit aan terwyl hy in die stort stap.

Terwyl hy hom was, dink hy weer hoe lank gelede hy goeie seks gehad het. Johan sug diep. Hy droog hom af en stap deur na sy kamer. Daar is nou nuus op die TV en hy sien ’n insetsel oor Suid-Afrika. Hy herken Johannesburg se geboue en die bekende polisievoertuie. Hy verstaan nie die nuusleser nie, maar dan word ’n foto van Ivor Hubert, die bekende joernalis van die Mail & Guardian, op die skerm getoon. Dit word langsaam duidelik dat hy vermoor is.

Johan vermoed die dood van die joernalis hou direk verband met sy beriggewing oor die aankoop van wapens. Die verslaggewer was bekend vir sy ondersoeke na regeringstenders en beriggewing oor bedrogondersoeke. Dis duidelik Ivor Hubert het te veel geweet, of gekrap waar hy nie moes nie, en nou het hy met sy lewe daarvoor geboet.

Johan skeer vinnig en trek ’n ligte katoenpak aan. Hy wil ’n goeie indruk op die jong ambassadeur maak, alhoewel dit hom vreeslik pla dat sy uitgevind het dat hy in Swede is. Hy gaan haar pertinent vra hoe sy weet. Miskien het Janet of ’n ander agent haar omtrent sy taak ingelig. Dalk wil sy hom daaroor konfronteer. Johan is onmiddellik ontsteld by dié gedagte. Hy voel hy word misbruik vir politieke doeleindes. Spy vs spy, but who hangs the hangman? Hulle moet die moord op Ivor Hubert dringend bespreek. Die joernalis en Nerine Cloete het mekaar waarskynlik geken.

In landsbelang

Подняться наверх