Читать книгу Die AA tot OE van seks - Riette Rust - Страница 4

Voorwoord

Оглавление

‘Vanaand is my hoofpyn weg, skat!’

En kry ons ’n aardskuddende orgasme

As jy ’n vrou is, is hierdie boek vir jou. Maar, omdat jy gewoonlik nie alleen deur die lewe gaan nie, is dit vir jou maat ook. Waar hy wenke kry, is dit met die oog op jóú seksuele plesier.

Terwyl ek deur die jare navorsing vir seksartikels of boeke met erotiek as tema gedoen het, het ’n paar feite my verstom: Baie vroue dra steeds swaar aan die las van ’n konserwatiewe opvoeding, in so ’n mate dat van hulle nog nooit ’n orgasme gekry het nie – selfs al is hulle al vir tien jaar of langer in ’n verhouding.

As jy een van dié vroue is, weet jy waarskynlik nie hoe jou lyf werk nie. Jy is onder meer geleer dat seksuele selfsorg, oftewel masturbasie, sonde is. Hoe kan jy vir jou maat wys wat om te doen as jy self nie weet nie?

Vaginisme (of vaginismus) is nóg ’n hartseer effek van ’n konserwatiewe opvoeding. Vroue wat hieraan ly, is so bang vir seks dat hulle onwillekeurig hul vaginale spiere toeknyp en eenvoudig nie seks kan hê nie. Van hulle is al jare getroud, maar steeds maagde!

’n Ander struikelblok, die algemeenste, is seksuele inhibisies. Jy sukkel dalk om jou “oor te gee” of om “te laat gaan” weens daardie stemmetjie wat fluister: “Seks is sonde, dis vuil, dis plig.” Jy kan miskien ook nie verstaan hoekom jou maat so na “daardie vroue op sy skerm” staar of hoe op aarde die akteur Charlie Sheen met 5 000 vroue seks kon gehad het nie.

Daar is oplossings vir ál hierdie probleme. Vir baie ander ook. Tog gaan hierdie boek beslis nie net oor probleme nie. As jy bloot jou vaal sekslewe opwindender wil maak, is dit vir jou ook. Jy sal agterkom hoe om binne ses weke baie beter seks én hope pret in die bed te hê. As jy wil weet wat om te doen om die heel beste orgasme – ’n aardskuddende een – te kry, moet jy net verder lees.

Ek weet nie wat die vraag is nie, maar seks

is beslis die antwoord.

– Woody Allen, Amerikaanse filmvervaardiger en -regisseur

Is jou verhouding nou al jare op dieselfde ou paadjie? Keer op keer die alewige sendelingposisie? Jou sekslus en passie vir die lewe het waarskynlik iewers tussen die lakens, kinders grootmaak en werk verdwyn. Dit is dus tyd dat jy agterkom hoe om jou verhouding nuwe sprankel te gee, en dalk die ou sendelingposisie verruil vir iets soos die snoeswoes of die woep-wap. Of miskien is dit tyd vir ’n buisie orgasmeroom, en na dese is jy tien teen een in die stemming om vir jou maat te paaldans!

As jy ’n avontuurlike, waagmoedige vrou is wat jou seksuele horisonne geheel en al wil verskuif, moet jy ook regop sit, want heel moontlik sal jy ná die lees van hierdie boek jou orale vaardighede wil opknap, en ons praat nie hier van toesprake hou nie. Of selfs aan anale seks begin dink, al is dit net om te probeer verstaan waarom jou maat so gaande is daaroor. En kry jy dit reg om jou seksuele fantasieë uit te leef. Dink net: Jy is Madonna en hy Superman!

Avontuurlike vroue eksperimenteer graag, en seksspeelgoed is ’n goeie wegspringplek. Al gehoor van die Gigi, die tongelong of ’n vibrerende broekie? Gaan kyk maar na die prentjies … dit is tyd dat jy jou horisonne verbreed, nè?

As hierdie boek net één vrou van haar seksuele inhibisies en ander probleme bevry, of een vrou in voeling met haar innerlike sekskat bring, het dit in sy doel geslaag. Die lewe is net te kort om daardie ontploffende orgasme mis te loop.

En dís wat jou toekom!

Riette Rust

September 2012

Die AA tot OE van seks

Подняться наверх