Читать книгу Jukstaposisie - T.T. Cloete - Страница 22

Huis snags

Оглавление

snags na middernag

kom daar opstanding in die leë

vertrekke die ekstroverte bediende begin vet lag

deur die huis

die vader maak rusie met die gedweë

teer dogter in die kombuis

word die verjaardag van die gebreklike geliefde seun

voorberei met teensin en neurose

onder die vader se gewig kreun

die moeder in haar slaap hoorbaar raas

verydeling in die badkamer ’n slapelose

soek melk en kaas

in die yskas vir die vrees van die dagtaak

word pille en medisyne

gesluk die stoele kraak

van vermoeienis en verveling teen dagbreek vlug

in ’n gestaltelose ewige hol doofstomheid die pyne

en vreugdes se nuttelose geruis kokkerottig trug

Jukstaposisie

Подняться наверх