Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 11
As ek nie was . . .
ОглавлениеAs ek nie was soos waters van die dood
kon jy jouself nooit oor my werp soos brood;
en as ’n dooie middeljaar my nooit moes aai,
kon jy ook nooit soos blare om my waai!
Soos God in die begin moes vind dat Hy
sy lig net uit die donker om Hom heen kon kry,
so keer jy jou nou na my duisternis
omdat jou lig daarin verborge is!