Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 8
Aan ’n wysgeer
ОглавлениеJy het my hart teen hulle van die haat ontdaan
en al hul bitter strewes het in ons vergaan.
Geen drif laai meer in my en ek het geen verwyt –
ons lewe is ’n nag met sterre, stil en wyd.
Jy is dit wat die engtes uit my lewe skyf,
’n rif waarop my denke altyd groter ope dryf.
O, dís ons troos: God laat in elke tyd
nóg jare oor wat enkeles tot besinning slyt!