Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 9
Sal niemand?
ОглавлениеMoet dan my hoop in yltes blas
beweeg op ’n verwelkte as?
Moet ek ook tot ’n dier verbot
in hierdie neweling van God?
Vir ewig in die streep in kom
wat blind loop tussen saad en blom?
*
Dié winter keer my in my kamer
ontnugterend en eensamer . . .
Sal niemand dan soos ek erken
dat liefde tóg die stryd kan wen?