Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht - Страница 11

Krisis en klimaks

Оглавление

In hoofstuk 46-47 kry ons die gedeelte van die verhaal waarna alles tot dusver opgebou het. Die spanning tussen die karakters, die dreigende konflik … alles bou op tot hierdie “oomblik van waarheid” in die verhaal. Die klimaks word dikwels voorafgegaan deur die krisis. Die krisis veroorsaak eintlik die klimaks. Hier is die krisis wanneer Hein op hulle afkom. Amory kan skaars verder loop, weens die feit dat sy nie haar pille kon drink nie. Hein ruk die brief uit wat hy tussen Amory en haar ma onderskep het. Hy vertel aan Basson sy pa het vir Amory betaal om te doen wat sy vir hom doen. Basson oorreageer uit skok en beskuldig Amory daarvan dat sy net soos ander meisies is, wat net agter sy geld aan is. Hein dreig dat Basson vir hom ’n gedeelte van sy erfporsie moet gee, anders sal hy Amory nie vrylaat nie. Hy druk ’n pistool teen haar kop. Op die laaste oomblik kom Dawn en Lennon aangejaag en bevry hulle van Hein. Dawn skiet Hein se een motorband stukkend sodat hy nie weer agter hulle aan kan kom nie. Terwyl hulle met Amory hospitaal toe jaag, begin die begrafnis al amper. André wag senuweeagtig buite die kerk op Basson. Toe hulle uiteindelik by die Groote Schuur-hospitaal aankom, neem die mediese personeel oor en Basson gee hom aan sy emosies oor. Hy huil en besef geld is nie die belangrikste ding op aarde nie. Alle gedagtes aan sy pa se begrafnis en die ultimatum dat hy dit moet bywoon, is vergete. André gee intussen die teken dat die begrafnis kan begin. Die klimaks is die gedeelte waar hulle wel vir Amory lewend by die hospitaal kry. Weer kan gesien word hoe verstrengel die krisis en die klimaks is. Die krisis is die botsing met Hein en dit veroorsaak die oomblik van waarheid tussen die twee hoofkarakters en hul reaksie daarop. Die hoogtepunt (klimaks) eindig in die veiligheid van Amory.

Leestoets: Hoofstuk 39−45

Eerste Addisionele Taal en Huistaal

Sê net of die volgende stellings waar of vals is. Maak ’n regmerkie of ’n kruisie in die blokkie langs die nommer.

1.Hulle loop Kaap toe omdat Basson betyds by die begrafnis moet wees. □

2.Hein ry in ’n sirkel om hulle. □

3.Dawn en Lennon het die Anglia gesteel. □

4.Amory het ’n oordosis pille gedrink, daarom is sy so swak. □

5.Hein eis Basson se hele erfporsie. □

6.Hein het die pistool teen Amory se kop gedruk. □

7.Basson skiet na Hein, maar het hom per ongeluk gemis. □

8.Die krisis is toe Dawn Hein se motorband stukkend skiet. □

9.Die krisis is toe Hein hulle konfronteer. □

10.In die brief wat Hein vir Basson wys, vertel Amory vir haar ma van die plan om Basson saam met haar op haar reis te neem. □

11.Die krisis kom ná die klimaks. □

12.Die Groote Schuur-hospitaal is in Knysna. □

13.André dra weer ’n strikdas by die begrafnis. □

14.Thomas Ndlovu kon nie by die begrafnis wees nie. □

15.Die klimaks is tweeledig: Gaan hulle Amory betyds by die hospitaal kry en gaan Basson betyds by die begarfnis opdaag? □

Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT

Подняться наверх