Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht - Страница 6

Wat is die verskil tussen die storie en die intrige?

Оглавление
StorieIntrige
Dit is die gebeure in die volgorde waarin dit gebeur.Dit is die volgorde van gebeure volgens die fases van ’n tipiese intrige.Die skrywer kies doelbewus ’n spesifieke volgorde van gebeure om byvoorbeeld spanning te skep of kan sekere dinge verswyg.Die skrywer kies en kombineer gebeurtenisse.

Kom toer saam!


Hierdie roman vertel ’n fiktiewe verhaal. Die verhaal is ’n ontdekkingsreis, nie net fisiek nie, maar veral ook geestelik. Hierdie roman is ook ’n reisverhaal, want die leser toer eintlik saam met die twee karakters deur Suid-Afrika.

Die roman én die film ontwikkel chronologies (van die begin tot die einde) en verloop presies soos wat die tradisionele intrige verloop: eksposisie, motoriese moment, verwikkeling, ontwikkeling, krisis, klimaks (motoriese moment), afloop en ontknoping.

Die eksposisie of die uiteensetting van ’n roman (of ’n film) stel ons voor aan die noodsaaklikste besonderhede van die karakters, omstandighede en plek waar die verhaal afspeel. Dan gebeur daar iets wat die gebeure aan die gang sit en ons noem dit die motoriese moment in die roman of film. Die verwikkeling is die gedeelte ná die motoriese moment waar ons kennis maak met meer besonderhede oor die karakters, omstandighede en ruimte as in die eksposisiefase. Hierna volg die verskillende ontwikkelingsfases. Botsing tussen karakters begin onafwendbaar lyk. Uitendelik is daar ’n krisis wat gewoonlik die voorganger van die klimaks of hoogtepunt van die verhaal is. Die krisis is dikwels ’n innerlike of uiterlike botsing tussen twee partye en die spanning en emosie bereik dan ’n hoogtepunt in die klimaks. Die klimaks is dikwels ’n oorwinning of ’n belangrike keuse wat gemaak word. Dit is in elk geval ’n oomblik van hoë intensiteit en opwinding. As gevolg van die sameloop van al die gebeurtenisse is dit onafwendbaar, daarom is dit ook geloofwaardig – selfs al is dit tragies of skokkend vir die leser.

Hierna neem die storielyn ’n wending na die een of ander kant toe (die afloop) en die spanning neem af namate die oplossing duideliker word in die ontknoping.

Kyk na die volgende voorstelling van die fases in die intrige:


In die volgende tabel kan jy presies sien waar word watter gedeelte van die bogenoemde intrige in die roman beskryf.

IntrigeHoofstukBl.Hoofgebeure
Eksposisie1−629−46Voorstelling aan Basson junior en senior en die omstandighede
Motoriese moment7−847−53Basson senior se uitdaging aan Basson junior
Verwikkeling9−2256−98Clarens; Amory kom in die prentjie; Vanderkloofdam
Ontwikkeling 123−2999−123Basie se plasie
Ontwikkeling 230−38127−154Amory se ma in Murraysburg; Fraaiuitzicht-tehuis vir bejaardes
Ontwikkeling 339−43157−174Knysna; Meksikaanse piekniek; Maanligfees
Krisis44−46177−185Hein vind hulle
Klimaks47−49186−191Betyds by hospitaal en begrafnis?
Ontknoping en afloop50−56195−210Vind mekaar; saam in woonstel in Sandton

Hier volg nou ’n kort opsomming van die verskillende fases van die intrige. Kommentaar sal ook, waar toepaslik, gelewer word op die verskille en ooreenkomste tussen die roman en die film.

Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT

Подняться наверх