Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht - Страница 8

Die motoriese moment

Оглавление

Die motoriese moment verwys na daardie oomblik wat die res van die intrige aan die gang sit. Dit is daardie een gebeurtenis wat die verloop van die verhaal verder bepaal. In dié roman en film is dit die oomblik wanneer Basson van Rensburg junior hoor dat sy pa dood is.

In hoofstuk 7 kom hy en Sexy Bartender by sy woonstel aan en dit is duidelik dat hy weer sy sin gekry het met net nog ’n vroueprooi. André wag hom in met die nuus van sy pa se dood en ook dat sy pa ’n DVD gemaak het waarna Basson moet kyk. In die DVD stel sy pa ’n ultimatum aan hom. Hy moet binne vyf dae in die Kaap kom vir sy pa se begrafnis. Indien hy dit nie doen nie, sal hy nie die 51 % erf waarmee hy Vecto Petroleum kan besit en beheer nie. Verder het sy pa vir hom ’n lys met opdragte gegee wat hy moet uitvoer voor hy in die Kaap aankom. In hoofstuk 8 word dit duidelik dat Basson probeer om nie aan sy pa se dood en die opdragte wat hy moet nakom, te dink nie. Later gryp hy ’n tas, jaag kantoor toe en kry die goue kompas wat sy pa vir hom gelos het. Daarmee aanvaar hy die uitdaging wat sy pa aan hom gestel het.

Leestoets: Hoofstuk 7–8

Eerste Addisionele Taal en Huistaal

Sê net of die volgende stellings waar of vals is. Maak ’n regmerkie of ’n kruisie langs die nommer in die blokkie.

1.Die oomblik wanneer Basson van Rensburg junior hoor dat sy pa dood is, was hy meer kwaad as hartseer. □

2.Die motoriese moment verwys na die dag toe Basson senior vir André gesê het: “Maak die oproep”. □

3.Toe Basson met die meisie (Sexy Bartender) in sy penthouse instap en vir André sien, het hy dadelik geweet sy pa is dood. □

4.André se strikdas hang los toe hy die nuus aan Basson oordra van sy pa se dood. □

5.In die DVD stel sy pa hom gerus deur te sê dat hy hom ten volle vertrou om die maatskappy te lei. □

6.Sy pa sê aan hom dat hy nie daarin kon slaag om Basson reg groot te maak nie. □

7.Sy pa sê dat Basson net altyd petrol op sy pa se vuur gegooi het, al het sy pa wat ook al probeer. □

8.Hy dwing Basson om sy begrafnis by te woon, want hy is bang dat sy eie seun nie sal opdaag vir die begrafnis nie. □

9.Basson erf al die aandele in sy pa se besigheid. □

10.As hy nie daarin slaag om binne vyf dae in die Kaap te kom nie, sal hy slegs 49 % van die beherende aandeel in die maatskappy kry en nie meer 51 % soos voorheen nie. □

11.Sy pa gee vir hom ’n volledige lys opdragte wat hy moet uitvoer by elk van die dorpe waar hy moet aangaan voor hy in die Kaap aankom. □

12.Sy pa sê op die DVD dat hy sy karsleutels moet weggee aan iemand anders wat dit meer nodig het as hy. □

13.Die DVD is deur ’n professionele videograaf verfilm. □

14.Basson se pa sê aan hom dat hy en Basson se Ma weer slow-danceen bedoel daarmee dat hy en sy weer bymekaar is. □

15.Basson senior se laaste woorde aan sy seun is: “Ek is lief vir jou, my seun.” □

16.Basson senior het gehuil terwyl hy op die DVD met sy seun praat. □

17.André is ’n prokureur. □

18.Binne-in die koevert wat André vir Basson gee, is daar net ’n naam en adres. □

19.Basson is so kwaad vir sy pa dat hy van die bekers op die tafel stukkend gooi. □

20.Net voordat Basson by die kantoor uitloop, maak hy die kompas oop en binne-in staan: VIND JOU WARE NOORD. □

Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT

Подняться наверх