Читать книгу Fiela se kind - Dalene Matthee - Страница 6

2

Оглавление

Benjamin het geweet hy is sy ma-hulle se hanskind. Hy was dit van altyd af en dit was niks; hy was maar nes Dawid en Tollie en Kittie en Emma in die huis. Hy was net die jongste.

Hulle het in die Lange Kloof gewoon en die Lange Kloof was ’n kloof wat honderd myl ver al tussen die berge af gelê het. Wolwekraal was sonsakkant van die Kloof en sy ma het altyd gesê dis die mooiste kant van die Kloof. Net jammer die ou klomp Laghaans het ook daardie kant gewoon.

Fiela se kind

Подняться наверх