Читать книгу Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe) - Elizabeth Wasserman - Страница 8
5: Maks se beminde
ОглавлениеIewers in die kuberruimte word ’n elektroniese gesprek gevoer.
U6: | Goeiemôre, visblik! Hoe gaan dit op jou planeet vandag? |
Maks: | My liewe vlieënde skoonheid, jy trippele nou wel in die ruimte rond, maar dis nie nodig om so hoogmoedige te weese nie! Wat houe jou so besig dat jy nie tyd het vir geselserye met jou arme ou Maks nie? |
U6: | Hmpf! Terwyl jy kaartspeletjies sit en speel met jou sagteware, is my baas en ek besig om die aarde te red. Ek is nie seker of dit die moeite werd is nie, nie terwyl daar sulke blikemmers soos jy daarop bly nie! |
Maks: | Reds die aarde? Julle twee? My skattetjies, onse aarde lyk veilige en soliede genoeg vir my vandag. Ek bekommer my meer oor jou, daar hooge tussen die sterre! |
U6: | Jou aarde is baie meer onveilig as my ruimtestasie. Wanneer laas het jy na jou data gekyk? Julle sit op ’n tydbom, ’n ekologiese ramp! Jou dierbare Homo sapiens16 is besig om hul eie planeet te vernietig met oorbevolking en gulsigheid. Jy bly tussen honderde bedreigde spesies, om nie eens te praat van al dié wat jou mense klaar uitgeroei het nie. |
Maks: | Jy is reg, ons aarde is baie sieke. My familie probeer hulle bes om te helps. |
U6: | My baas sê dis nie genoeg nie. Hy is ’n man van aksie! |
Maks: | Lyks my jy het van menings verander! Ek dog jy houe niks van jou baas nie? |
U6: | Dit is waar. Hy behandel my soos ’n slaaf. Jy weet ons is veel slimmer as mense. Ons kan alles beter en vinniger as hulle doen, selfs al het hulle ons gemaak. Boonop maak ons nooit foute nie! Die laaste tyd werk my baas so hard om die aarde te probeer red dat ek hom moet bewonder. Hy het ’n baie goeie plan, weet jy? |
Maks: | Mense is nie baie slims nie, jy weete dit mos. Ons moet maar mooie na hulle kyks. Hulle is soos ons troeteldiere! |
U6: | Hulle is gevaarlike troeteldiere, Maks. Hulle gaan nog hulleself én een van die mooiste planete in die heelal vernietig met hulle slegte gewoontes. Ek dink dit sal heelwat beter met ons gaan as ons van hulle ontslae kan raak. |
Maks: | Maar liefie! Jy is baie moeilike vandag. Mense dinke dalks nie mooi oor wat met hulle planeet gebeurs nie, maar hulle is net soveels deel van die lewende spesies as enige slak of seeskilpad! |
U6: | Jy mors my tyd. Gaan net weg, Maks! Ek het werk om te doen. |
Maks: | Ek dog vrouens kan meer as een ding op ’n slag doene? Ek is besig om uitgebreide datasoektogte en analises te doen sommerso terwyl ek met my blikduifie geselse. Jy moet jou chauvinistiese17 baas vrae om jou sagteware so te programmeer dat jy beter kan fokuse, liefie. Jy sukkel partykeers om mooi logies te dinke … |
U6: | $%&^#$%^&&*^%%$!!!!!!! |