Читать книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen - Страница 9

Arbeid en werk

Оглавление

Op, mans en vrouwens, sluit de rijen.

Van welke kleur of ras jij bent:

Ons wil nou nie meer langer lijen.

Ons het die slaafjuk afgewend.

Om saam te gaan: dit maak ons sterk.

Die volle opbrengst van ons werk

Moet in besit van die arbeidsmensen:

Dit is die wereld, die wij wensen.

Dit is ons grootste ideaal.

Aan ons, die volk, die segepraal!

ARBEIDSLIED UIT DIE VROEË 20STE EEU; aangehaal deur HEIN WILLEMSE

in MOHAMED ADHIKARI, Straatpraatjes – Language, Politics And Popular Culture in Cape Town, 19091922, 1996


Daar’s g’n werk vir almal nie . . . ’n Land moet aan sy mense arbeid verskaf. Dis die eerste vereiste, en geleerdheid, of soos hulle sê, opvoeding, die tweede . . . Die wil om te werk, is net verslap deur werkloosheid en ellende, en die liggaamskrag is daar, al sluimer hy in gedwonge rus.

JOCHEM VAN BRUGGEN, skrywer, Ampie: Die natuurkind, 1924


Ons moet handelingsgedrewe wees. Die filosofie van handeling moet die hoeksteen van ons beleid wees . . . In ons geledere het ons mans en vroue van merkwaardige talent en vermoëns. Ons swak, wanordelike posisie word nie veroorsaak deur ’n gebrek aan talent nie, maar deur ’n gebrek aan wetenskaplike organisasie en benutting van daardie talent, deur ’n gebrek aan wilskrag. Afrikane! Ons redding lê in harde en sistematiese werk!

ANTON LEMBEDE, regsgeleerde en ANC JEUGLIGA-stigterslid en -president, 1941


Daar word druk toegepas oor wie ons moet aanstel en wat ons hulle moet betaal, maar tog lyk dit of die werkerskorps uit hulle pad gaan om ongeskik te wees vir indiensneming. Verwag ’n toyi-toyiende skare van kaalbors, assegaaiswaaiende krygers werklik om in ons harte te kruip sodat ons sal uit­hardloop om hulle in diens te neem?

ANDY DOTT, toerismesakeman, 2000


Die groeiende Afrikaanse ondernemersklas word deur die ‘slagoffergilde’ vervreem, en word ‘deurblaai-lesers’. Ná die deurblaai van die koerant word gesê: ‘Daar was niks in die koerant nie.’

WILLIE ESTERHUYSE, akademikus, in ’n brief aan Die Burger, 8 September 2011


In vandag se vinnig bewegende wêreld verwag ons oombliklike bevrediging. Maar om sukses te behaal in die regte wêreld vereis, op enkele uitsonderings na, harde werk, fokus en toewyding. Daar is soms gratis etes, maar dit is skaars en die meeste van ons sal nooit die kans kry om dit te eet nie. Ek weet nou baie minder as wat ek geweet het toe ek vyf-en-twingtig of vyf-en-dertig was, maar ek begryp die min wat ek weet baie beter. Daar is dus voordele in ervaring. Sommige jong mense waarmee ek gewerk het, wou dit nie hoor nie. Hulle het verwag om baie vinnig bevorder te word tot senior ingenieurs- en administratiewe poste omdat hulle slim was en oor ’n universiteitsgraad beskik het. In die meeste gevalle is dit wat jy in jou werk leer net so belangrik as wat jy op universiteit leer. Jy sal ’n baie beter fondament vir jouself in die lewe en in jou loopbaan gee as jy aanvaar dat sukses harde werk en ’n mate van geduld vereis.

BERNIE FANAROFF, astronoom, tydens ’n seremonie waarin hy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van die Witwatersrand ontvang het, Maart 2013


As jy dieselfde betrekking langer as sewe jaar beklee, het jy duidelik geen verbeelding nie.

JONATHAN JANSEN, onderwyskundige, Briewe aan my kinders, 2012


n Werk, ’n werk, ’n werk is die skeidslyn by baie families tussen ’n ordentlike lewe en ’n aaklige bestaan.

NELSON MANDELA,

eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999) en Nobelpryswenner


Comrade Blade Nzimande kla die EFF het die ‘rooi kleur’ gesteel. Hy het nie kopiereg op die ‘rooi kleur’ nie. Daar is niks wat ons van hom kan steel omdat hy niks het behalwe daardie skuurpot gesig van hom nie. Waarom het hy nie gekla toe Vodacom rooi geword het nie?

JULIUS MALEMA, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), wie se kenmerkende rooi berets die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, DR. BLADE NZIMANDE, ontstel het met die totstandkoming van die EFF, 2013


Ek kan ná al die jare nog nie daaraan gewoond raak dat ek betáál word vir my werk nie.

RYKIE VAN REENEN, joernalis, Rykie – ’n Lewe met woorde, Lizette Rabe, 2011


Jy word sleg betaal, maar dis nog steeds beter as werk.

RYKIE VAN REENEN, ibid.


Die wêreld die draai:

Vir die swaar wintertyd om ons lande te saai –

Of om luilekkerlewend die ploeg te laat roes,

En daarna ons vrugte of onkruid te oes.

C.J. LANGENHOVEN, skrywer en politikus, Ons weg deur die wêreld, 1913


Die slegte ambagsman beveel sy werk aan; goeie werk beveel sy ambagsman aan.

C.J. LANGENHOVEN, ibid.


Salomo het by ’n luiaard se akker verbygeloop. Had hy bietjie vertoef dan kon hy gebie het op die vendusie.

C.J. LANGENHOVEN, ibid.


Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal ’n tyd kom wanneer ’n baas jou sal laat vroeg opstaan.

C.J. LANGENHOVEN, ibid.


Op die ou end werk die vlytige man vir homself,

die luiaard vir ’n ander.

C.J. LANGENHOVEN, ibid.


Jou werk gaan uit jou hande uit die wye wêreld in en jou roem of jou blaam gaan daarmee saam, maar jy bly agter.

C.J. LANGENHOVEN, “Die roem van ons werk”, Versamelde werke, Deel X, 1934


Dis die smorende vuur wat swaarkry

En tog nie die kos kan gaarkry –

Die vrolike vlam wat klap en kraak

Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak

En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.

C.J. LANGENHOVEN, “’n Werkreseppie”, 11 Julie 1932


Gebraaide duiwe vlieg nooit in die mond nie – brood word slegs deur die sweet van die aanskyn verdien.

SUID-SOTHO-SPREEKWOORD

Sêgoed met slaankrag

Подняться наверх