Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 53

Gistraand

Оглавление

gistraand in jou arms

by die perdeskoen maan

pluk ons ’n klawer

met vier blare aan

vandag bly ek staan

op die werf by die blik

my hart agterdogtig

soos ’n hoender wat pik

aan een korrel ’n klip

wat skeur deur die hange

die liefde’s niks anders

as die verlange

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх