Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 58

Jy’t my gekierang

Оглавление

Jy’t my gekierang Dolie

jy’t my gefop

my hart o appelliefie

verdroë in sy dop

Die predikant sê agge nee

my ma sê agga gwaan

my ouma dink weg wêreld

waar kom ons hulp vandaan

Maar Dolie bokkie baby

jy’t my verstoot

al maak ek ook my daggies

nes kuikens vir jou groot

Al gee ek jou die dagbreek

se rooiwang-vy

jy’t laasnag – o my attatjie!

met ’n ander man gevry

My brakhond en my mak uil

tjank groot en wyd

maar Dolie bokkie baby

ons tjank een woord altyd

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх