Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 59

Ook mos mens

Оглавление

Nou’s jy treurig Wielie

maar ek sweer o bokkie

jy’s die kuiken nou nog

in my hart se doppie

Ek was ver van huis

en die lug se kap

staat so wyd en wit

oor die trekkerspad

Ag jy weet mos Wielie

en jy ken my vry

om ’n man te soen is

om hom lief te kry

En ek had hom lief

ja dit stry ek nie

anders sou ek hom

nie wou gevry het nie

Maar ek dag al reeds

in sy warm pondokkie

hy’s net ’n ander vorm

van jou my bokkie

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх