Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 54
Liedjie van die troebadoer
ОглавлениеOp die pad of by die huis
oral is ek amper tuis
in die kamer van die nag
soms vergeet ek dat ek wag
maar die oomblik wat ontsnap
uit die mallemeul of grap
meet die paaie met hul kilte
na die tuiste van jou stilte
na die arend van jou oë
na die bloute en die hoë
vlug voordat ek uit jou mond
terugval op die harde grond