Читать книгу Matriks - Joan Hambidge - Страница 13

O Roos van my hof

Оглавление

Wat was haar naam nou weer?

Daardie kind wat onder ’n motor beland

het saam met drie-en-twintig ander

in ’n Lenteloop toe ons moes geld insamel.

Jy weet mos, daardie kind, wat rég voor

ons oë opgelig en neergegooi is?

Reg voor die robot waar ’n Valiant beheer

oor sy remme verloor het. Malus, -a, -um.

Alles het in slow motion gebeur

met skoene soos swaarde deur die lug.

Die een onder ’n vaal kombers,

met haar voet na binnegedraai.

Ons almal by haar begrafnis:

“Wat ’n vriend het ons in Jesus . . .”

Daardie kind wie se dood later

uitgebloei het in ’n Latynse toets:

Timidi estis en Puella pulchra est.

En vertaal: “Die rose in die tuin is mooi.”

Verdomp, wát was haar naam nou weer?

Matriks

Подняться наверх