Читать книгу Die Reuk van koffie - Koos Kombuis - Страница 5
SIES, DOZI!!!
ОглавлениеDit voel soos gister dat Dozi aan my erken het, backstage by die Huisgenoot se Sun City Skouspel: “Ek’s so bly ek’s nie getroud nie, die Fashion Channel is genoeg vir my.”
Nou is Dozi VERLIEF!!! Op ’n MAAGD!!! O, hoe grillerig!
Wat presies IS ’n maagd, en BESTAAN daar nog sulke goed?
En selfs al bestaan daar sulke goed, is dit rêrig nodig om sulke embarrassing persoonlike details aan die media te verklap? Dis soos om te openbaar dat jou geliefde ’n ingroei-toonnael het! “Ek wou nog altyd iemand met ’n ingroei-toonnael ontmoet. Ek respektéér ingroei-toonnaels …”
Nee, sies, Dozi! SKAAM JOU!!! Van wanneer af is jy deel van die Afrikaanse maagde-kultus? Ek dog jy’s ’n Zoeloe? Ek dog jy’s die soort man’s man vir wie Steve Hofmeyr biltong vat as hy gaan kuier?
En nou’t jy skielik jou eie maagd! Hoekom? Is dit fair? Is jy self ’n maagd?
Dozi, maagde is fine op papier. Maar om met ’n maagd te trou, is soos om iemand aan te stel in ’n baie belangrike posisie sonder dat die persoon enige ervaring het! Sou jy as jy ’n courier company het, ’n klomp drywers aanstel wat geen lisensies het nie? Wat nog nie eers op ’n tricycle gesit het nie? En dit nogal ’n lewenslange aanstelling!
Goed, goed, ek gee toe, dis beter as die Fashion Channel. Daarom wens ek julle alle sterkte toe. Dis net jammer jy stel so ’n swak voorbeeld aan die jeug!
24.com blogs