Читать книгу Die Reuk van koffie - Koos Kombuis - Страница 8
don’t braai for me, jacob zuma
ОглавлениеEers was daar die Emmausgangers. Toe was daar die Dakar-gangers. En nou is daar die Houghton-gangers.
Is dit ’n kollektiewe doodswens, of ware Afrikaner-gasvryheid? Ek hoop dis laasgenoemde!
Ja, ek is ook uitgenooi na dáárdie braaivleis-geleentheid! Die een saam met Jacob Zuma, Sean Else, Steve Hofmeyr, Leon Schuster en Dan Roodt! Om die waarheid te sê, ek het VYF e-mails gekry waarin ek herhaaldelik gesmeek, gedwing en informeel afgepers is om my teenwoordigheid tasbaar te maak by dié Glansgeleentheid in Johannesburg se Noordelike Voorstede! (Aan huis van die tannie van De Kat!)
MAAR EK KON DIT NIE MAAK NIE!!!
Ek het die betrokke aandjie rustig by die huis deurgebring. Eers het ek my hare gewas. Toe het ek na ’n Nicholis Louw-CD geluister. En toe kyk ek Desperate Housewives (wat my vrou vir my getape het). Dit was genoeg vir my. Ek is ’n baie private mens.
Dis maar al wat ek wou sê. Ek hoop die tjops was lekker!
24.com blogs