Читать книгу Staan in die algemeen nader aan vensters - Loftus Marais - Страница 10
’n Gedig vir M
Оглавлениеselfs ná alles wat gebeur het
sien dit nou nog só daaruit:
iets oor siel (-salleen, -dodend, ens.)
iets oor hart (-seer, -stog, ens.)
nog iets hier
jy het verhard tot spier en stoppelbaard
jy krap aan my met punte, kommas en ellipse
… en ons het eens soos enjambement
saamgevloei/saambeweeg (?)
ons rym ook lankal nie meer nie
hakkel net, stotter
aan assonansies en alliterasies
as ons deesdae met mekaar praat
ook: te veel stiltes
nou is dít al wat oorbly
(bedoelende: klanke
merke op papier
strepies krulle kolletjies
vryeversverstrengel)
pen verder die boerseun vas
1) uitweiding oor jou oë – jou broer het gesê dis die kleur
van aangeslaande kastrolle
2) uitweiding oor jou lippe – droog, dalk soos krakies in
voosgewasde breekgoed?
3) uitweiding oor die littekens op jou bene – die liefde
sny tot op die been
maar
altyd
áltyd
die (h)oop einde
enigiets kan in die volgende versreël gebeur,