Читать книгу Staan in die algemeen nader aan vensters - Loftus Marais - Страница 12
Biologieles
Оглавлениеdus die volgende aangaande die liefde:
eerstens, dit is ingelê in vloeistowwe wat bietjies-bietjies borrel
gal, maagsap, alle soorte ensieme
dit ken geensins die cheapness van bloed
en, godbehoed, trane nie
tweedens, dit sit in die murg
of ten minste in die rou aansteeklike dinge van die longe
wat swel en teen ribbekaste druk
onthou, derdens, het dit min te make
met die hardkoppige hart wat aanhou ruk.
egter ’n laaste beeld as waarskuwing:
die skerwe van gebroke harte
is nes dié van porseleinkitsch en light bulbs:
hulle kerf fyn en diep die voetsole in