Читать книгу Staan in die algemeen nader aan vensters - Loftus Marais - Страница 9

Akademiese graffiti

Оглавление

hy gaan na die toilette

in die merensky-gebou vir fisika.

in die hokkie

op die wit muur

en op die deur

is gegraveer:

“relativity is the pornography of the educated mind”

“who needs viagra when Planck will do”

“all matter strives to a chaotic ideal

state of nature”

hy trek die toilet.

die kak in die bak

spoel weg.

hy kyk na homself

in ’n spieël

terwyl hy sy hande was

en die water in die drein

verdwyn.

buite op kampus

is dit vroegdag.

almal loop helder en lig op die teer.

hy loop

oor ’n mangatdeksel

Staan in die algemeen nader aan vensters

Подняться наверх