Читать книгу Staan in die algemeen nader aan vensters - Loftus Marais - Страница 8

Papiertjie

Оглавление

aan ’t stry oor die politiek gaan sit almal aan tafel, maar

als kantel, eetgerei kletter, glase mors wyn

gaste kyk agterna soos ek die trappe op verdwyn

na my lessenaar, gedek vir skryf, chaoties deurmekaar

ek vat ’n halfklaargedig, vou dit ’n paar keer

stoot dit onder die poot sodat als stabiliseer

die mense glimlag, klink ’n glasie op my

ek dink: ai, papiertjie, dís ware littérature engagée

Staan in die algemeen nader aan vensters

Подняться наверх