Читать книгу Hammie - Ronelda S Kamfer - Страница 13
Immigrant
Оглавлениеdie dag toe ons trek uit Eersterivier uit
was ek veronderstel om happy te wees
ek het gedink as ek net uit daai plek kan kom
sal die lewe beter wees
ek het als omtrent dit gehaat
die gangsters
die taxis
die man by die winkel
met die gun
die childless couple wat lekkers verkoop het
die maer man met die motorbike wat langs ons gebly het
die stukkende karre
die ou mense in werksklere
tot ons in Blackheath gaan bly het
toe haat ek al
die wannabe gangsters
die ver stap vir taxis
die man by die winkel
met die Bybel
die newlywed couple wie se pa
vir hulle ’n sesslaapkamerhuis gekoop het
die ou vrou wat alleen gebly het
die blink duur karre
die ou mense in hulle lawn chairs
en ek kon nie wag om daar uit te kom nie