Читать книгу Hammie - Ronelda S Kamfer - Страница 9

Jirre waa’s my ma

Оглавление

“en die antie dans, en die antie dans op Waenhuiskrans” – Onbekend

die swaarste van Krismis

is om in Pick n Pay te staan

en my ma te sien in die bokse Snacktime

die pakke Quality Street

en in die ligte, ligte-pastel bloesies

van moeggewerkte anties

my ma is die spook wat langs die strand stap

my ma is water

sy was eers brood

ek dink aan Krismisoggend jare gelede

my ma in die kombuis neurie

die treurigste happyste song

terwyl ek in my bed rondrol en religion haat

ek staan stadig op en loop tot by haar en moan

ek kan nie wag vir Krismis om verby te wees nie

Hammie

Подняться наверх