Читать книгу Hammie - Ronelda S Kamfer - Страница 17

Fluit-fluit in kamer 3

Оглавление

vir my suster se twenty-first

besluit ons om te gaan club

midweek dead broke

met genoeg weed in ons systems

om ’n paar jaar

in die tronk op te eindig

ek wil nie saamgaan nie

ek is al een wat ’n steady job het

ek moet 4 o’clock opstaan

vir ’n vol taxi

ek kan nie high gaan werk nie

but nou sit ek in die kar

Celine Dion on blast

my suster drink Smirnoff vodka

uit die bottel

ek is paranoid sit met

my kop in my hande

in die club is net 5 mense

ons dans as if no one is watching

die dj gee ’n shout out

ek skrik by die huis in die toilet

wakker

die taxi hoet buite

ek was trek aan en gaan werk

iemand skree fluit-fluit in kamer 3

ek kry ’n pasiënt wat op sy laaste is

ek sit en probeer om nie aan die slaap te raak nie

en ek hoop my pasiënt gaan nie dood

voor my shift verby is nie

Hammie

Подняться наверх