Читать книгу Hammie - Ronelda S Kamfer - Страница 18

Scream

Оглавление

toe ek jonger was

was daar ’n deel van my

wat gewens het ek was

’n child of divorced parents

somehow het my ouers se marriage

my laat voel

soos ’n wit vrou

in ’n slasher film

sy hardloop altyd upstairs

waar sy naturally doodgemaak word

deur ’n emo kid in ’n bad mask

maar my parents was

into die speak now

and forever hold your

pieces together

want in ’n community

van middle-aged virgins

was ordentlikheid alles

Hammie

Подняться наверх