Читать книгу Hammie - Ronelda S Kamfer - Страница 8

Vetste vlieë

Оглавление

daar’s ’n nuwe breed

van vintage-wearing bruin meisies

wat eers hulle hare straight gesool

en Engels gepraat het

wat Foschini accounts gehad het

en net first class gery het

die type wat boyfriends gehad het

toe hulle nog burks was

die type wat offended geraak het

as ek iets verkeerd scan agter die till by Clicks

die type wat die light skin gene

in die family gehou het

die type wat die mooiste meisie

in die township was

die type wat mooi was vir coloured mense

die type wat geglo het ’n au pair in Europe

is ’n title

die type wat met ou unattractive wit mans getrou het

want ambition het ’n bank account

en dit moet altyd vol bly

totdat die millennials online gegaan het

en almal hulle ghd’s en Sheen straighteners retire het

en hulle way terug ghetto toe gekoop het

hulle Johnny Depps replace het met Idris Elbas

Michelle Obama Lupita Nyong’o en Grace Jones

hulle women of strength gemaak het

almal ken ’n Alice Walker quote

luister hulle Jill Scott en support

hulle consciousness movements

hulle is on trend

hulle is instagram feminists

hulle protest in hulle blogs

hulle gebruik woorde soos booty fierce en pro-choice

hulle deconstruct elke American tv series

en hulle is amper altyd kak dom

as hulle onder my vel inkruip

onthou ek my ma se woorde

na een van hulle eendag vir my laat huil het

omdat ek nie mooi was nie

daai tefies is soos paddas in die reent

hop van blaar tot blaar al nader

aan die nuutste bol stront

want daai is waar die vetste vlieë uithou

Hammie

Подняться наверх