Читать книгу Hammie - Ronelda S Kamfer - Страница 15

Overberg

Оглавление

gisteraand het ek gedroom

my ma was by haar eie begrafnis

sy het opgelet

dat die dood in ’n familie

net soos die lewe in ’n familie is

my antie wat jare al kwaad is vir my

ma huil die hardste

my ouma sit iewers agter

tussen die familie

wat van ver af kom

ek staan op

gaan lees ’n gedig

want dis al wat ek het

om vir haar te gee

Hammie

Подняться наверх