Читать книгу Truitjie roer my nie - Schalk Bezuidenhout - Страница 7

My pa

Оглавление

Ek kan nie ’n hele hoofstuk oor my ma skryf en niks oor my pa nie.

Dankie dat Pa seker maak Ma embarrass my nie te veel op Facebook nie.

Erns sê: Schalk se pa is iemand met ’n ingebore rustigheid, baie common sense en ’n lekker droë sin vir humor. Hy is al vir jare geskiedenisonderwyser en adjunkhoof by Hoërskool Jeugland in Kempton Park. Schalk sr. is nie so ’n groot geselser soos sy vrou nie, maar ek dink sy stil en sterk teenwoordigheid is ’n goeie teenpool.

Hy gaan ook – net soos Greta – dikwels uit sy pad om vir Schalk (en vir my) te help. Of dit nou ’n lughawerit om vyfuur die oggend is (selfs al kan ons Uber), of om vir ons ’n motor te leen as ons Pretoria of Hartswater toe moet ry vir shows, of om bloot vroegoggend te sorg dat daar ’n Nespresso regstaan in die kombuis – Schalk sr. maak seker dit gebeur.

Hy het ook al vir Schalk tientalle keer dieselfde show sien doen, maar bly een van sy grootste ondersteuners.

Toe Schalk in graad 4 begin tap het, was daar slegs twee ander seuns in die groep en Greta was liggies bekommerd oor wat haar man hiervan sou dink. Ná hy een van Schalk se tap-sessies bygewoon het, was sy kommentaar: “Hmm, ek dink dis goed vir sy kuite.”

Hy vertel van ’n keer toe hy en Schalk – toe maar so vier jaar oud – saam in die bad gesit het. Schalk wou uit die bloute by sy pa hoor wat die “s-ding” is. Schalk sr. besluit toe maar om sy seun ’n eerste les in seksvoorligting te gee. Toe hy klaar is, het Schalk ’n paar sekondes oor dit als nagedink en toe opgemerk: “Ek dink ek wil graag eendag kinders hê, maar ek is nie lus vir die s-ding nie.”

Nou is dit presies andersom …

Truitjie roer my nie

Подняться наверх