Читать книгу Alles begin met Anna - Annemari Coetser - Страница 4
Skrywersnota
ОглавлениеHierdie boek is gebaseer op mense wat werklik geleef het, maar sommige karakters is fiktief. Ek het byvoorbeeld nie my grootouers geken nie. Sekere dele wat oor hul lewe handel, is histories waar, maar die res is uit die duim gesuig. Ook vir my ouers en ander familielede het ek ter wille van die storie karaktereienskappe versin.
Beskou dit dus as ’n verdraaiing van die waarheid en moet niks wat hier vertel word teen enigeen van die karakters hou nie!