Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 25
STASIE
ОглавлениеOp watter stasie, my liefling, het jy my gelos
in watter gebreekte koelte
onder watter brandsiek bos
teen watter sipres het jy my gekruisig
met spykers uit jou mond
in watter lendekleed – doek
struikel my hartseer rond
in watter kerkhof mag ek rou
oor jy my nooit weer vas sal hou?